Wildeklawer: een van die groot besproeiingsboerderye in SA, beskik tans oor die volgende poste: Afdelingsbestuurder: Landbouen ‘nBedryfsingenieurvir ‘n nuwe generasie wortel en beet pakhuis, met kunsmatige intelligensie tegnologie.Die poste is naby Kimberley

AFDELINGSBESTUURDER: LANDBOU
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
• Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verbouing van ons produkmandjie, op een van ons groep plase.
• Die deurlopende optimisering van produksie prosesse.
• Integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde ‘n wereldklas produksie-eenheid daar te stel.
• Die daarstel van ‘n goed opgeleide werksmag wat eienaarskap aanvaar.

Die geskikte kandidaat beskik oor:
• Toepaslike ondervinding van sowat 10-15 jaar in ‘n soortgelyke senior bestuurspos.
• Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Landboubestuur.
• BSC Landbou kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien.
• ‘n Bewese bestuursrekord in ‘n soortgelyke pos.

BEDRYFSINGENIEUR(PAKHUIS:WORTELS EN BEET)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
• Die beplanning en bestuur van die gradering, verwerking, verpakking en prosessering van wortels en beet;
• Die optimisering van kunsmatige intelligensie tegnologie, personeel, toerusting en prosesse vir maksimale winsgewendheid .

Die geskikte kandidaat beskik oor:
• ‘n Bedryfsingenieursgraad
• Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur volledige CV aan: marius@wildeklawer.com

Navrae: Juandre Brand: 053-5319700

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie