Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark.  Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef.

 Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie of senior sertifikaat met ‘n rekeningkundige agtergrond en rekenaargeletterdheid asook die nodige ondervinding van krediteure.
  • Vaardigheid in Excel en Navision is ‘n sterk aanbeveling.
  • U moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. transaksies van die afdeling, nl.
  • Aankoopbestellings
  • Aankoopfakture
  • Intergroep Transaksies (Hantering daarvan)
  • Hou by sperdatums vir voorlegging van verslae aan die betrokke bestuurders is ‘n belangrike vereiste.
  • Deurlopende verslaggewing aan bestuur
  • Ten minste graad 12 met rekeningkunde as vak, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien.
  • Ten minste 3 jaar toepaslike ondervinding
  • ‘n Emosioneel volwasse persoon, wat onder druk goed funksioneer.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede.  Moet kan saamwerk in ‘n administratiewe span.

Vergoeding:  ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan:
e-pos:  hr@wildeklawer.com
Navrae: Theresa Lategan – 053 531 9725


Sluitingsdatum:  10 Junie 2022

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.