Hier kom groot sport!
Wie is die volgende Siya? Is jou skool se vleuel vinniger as Habana? Wie skrum sterker – die rooikop van Outeniqua of Kitshoff?
Oor minder as 12 Vrydae skop die Absa Wildeklawer Sporttoernooi vir sy 13de keer in Kimberley af. Die Laerskoletoernooi vind vanaf 23 – 26 April 2023 by Laerskool Newton se gronde plaas.
Die Uitnodigingstoernooi vind plaas van 27 – 29 April en die spanne se krag word op Diamantveld se velde getoets.
Met ’n behoorlike opbou is dit tyd vir die Hoërskole om te wys watse skool het die trotsste tradisie, meeste gees en wie se span speel nooit om te verloor nie. Hierdie toernooi is ’n ander bok vir sport.
Absa Wildeklawer maak voortaan gebruik van hulle eie mediaspan en dit is vir ons ’n voorreg om hulle aan julle bekend te stel.
Rudi Ferreira – Mediahoof
Helé van Aswegen – Assistent-hoof – Sosiale media platforms & grafiese kuns
Andrew Campbell – Bemarking/tellings/spelerprofiele/man van die wedstryd
Thomas Saayman – Programmeerder
Benjemin Roux – Hommeltuig operateur
Die Absa Wildeklawer Mediaspan is tydens beide toernooie teenwoordig en julle is welkom om te kom inloer.
Vir alle navrae, kan jy voortaan ons skakel by die volgende nommer: 065 147 9163
Ons kan ook gevolg word op Whatsapp, Instagram, Facebook, ons Webtuiste en Tiktok.
Links:
Instagram – https://www.instagram.com/absawildeklawer.sport/
Datums :
23 – 26 April: Laerskoletoernooi (o/13) + Uitnodiging 0/13 – Newton
27 – 29 April: Uitnodigingstoernooi o/19 – Diamantveld
28 April – 1 Mei – Senior (rugby / netbal) – Junior o/14, o/15, o/16 + Sokkertoernooi.
