Opbou na Absa Wildeklawer Sport kry goeie momentum

Die opbou na hierdie jaar se Absa/Wildeklawer Sport toernooi begin lekker momentum kry met die huidige sporttoernooie wat tans aandag geniet. Die Noord/Suid toernooi spog tans met die grootste name in skole rugby en gemeet aan die gehalte van rugby wat opgelewer word, gaan hierdie jaar se toernooi ’n reuse een wees.

Affies het vroeër die jaar gewys dat hulle moeilik gestuit gaan word, deur DHS van Kimberley op sy sportdag met 40 -3 af te ransel. Later in die week was Helpmekaar aan die ontvangkant. Met hulle eerste ontmoeting op die Noord-Suid Toernooi het Paul Roos die brute krag en vaart van die Pretoriaanse skool met mening ervaar.  

Affies speel in die hoofwedstryd op dag een teen die omgekrapte span van Riversdal. Oakdale het vroeg in sy wedstryd op die Noord-Suid toernooi gewys wie slaan die kitaar deur EG Jansen met net 5 punte huis toe te stuur. Die telling was 26-5.

Buiten Garsfontein 67 – HTS Drosdy 0  en Paarl Gim 42 – Monnas 19 weggehardloop het, was die ander tellings taamlik na aan mekaar.   

Die gasheer van die Absa/Wildeklawer rugby toernooi Diamantveld was op die eerste dag van die Oakdale Rugbytoernooi op Riversdal baas teen Rustenburg wat hierdie jaar sy 100ste bestaansjaar vier.  

Hier is van die week se grootste tellings:

PBH 19 – Garsfontein 10

Grey College 57 – Waterkloof 37                                                                                           

HTS Drosdy 31 – 15

Brandwag 27 – DHS 23

Paarl Gym 42 – Monument 19

Grey College 43 – Stellenberg 27