Produksiebestuurder

Produksiebestuurder:

Een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak Aartappels, uie,wortels, beet en graanprodukte volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde
toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ‘n groen oase digby Kimberley met vrugbare hoëpotensiaalgrond langs die Vaalrivier en Oranjerivier, alles onder spilpuntbesproeiing.
Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone
met inisiatief, dryfkrag en paslike vaardighede om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die
leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef. Weens uitbreiding en ontwikkeling is die volgende nuwe pos beskikbaar:

Produksiebestuurder:
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verbouing van ons produkreeks
  • Die deurlopende optimisering van produksie prosesse
  • Die bestuurder is verantwoordelik vir die bestuur van `n afdeling, wat insluit middelvlak bestuur en operateurs
  • Verder neem die persoon ook verantwoordelikheid vir toerusting aan hom verskaf
  • Integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde ‘n wêreldklas produksie-eenheid daar te stel

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • Toepaslike ondervinding van sowat 6-8 jaar in ‘n soortgelyke bestuurspos
  • Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Landboubestuur sal as sterk aanbeveling dien
  • ‘n Bewese bestuursrekord in ‘n soortgelyke pos

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur volledige CV aan: hr@wildeklawer.com Navrae: Theresa Lategan 053 531 9725
Sluitingsdatum: 21 Oktober 2022

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Share the Post:

Related Posts