Faf de Klerk. Beslis ‘n speler wat geen bekendstelling nodig het nie. Of hy nou in sy Suid-Afrikaanse vlag Speedo aandag trek, of as skrumskakel vir die Springbokke waar hy ‘n groot rol gespeel het om die 2019 Rugby Wêreldbeker huis toe te bring, Faf is so Suid-Afrikaans soos biltong.
Maar het jy geweet hy het reeds in 2009 by Absa Wildeklawer opslae gemaak toe hy vir HS Waterkloof gespeel het? Van daar af was die groot-gif-in-klein-botteltjie op almal se rugby radar. Hy was deel van die Leeus se 2014 Super Rugby span, deel van die Goue Leeus se Curriebeker span in 2016, aangekondig as Springbok in 2016, lid van die Engelse Premierskap span Sale Sharks vir vier seisoene en nou deel van die Yokohama Canon Eagles in Japan.
Wat ons by die vraag bring: Gaan jy dalk die volgende Faf by hierdie jaar se Absa Wildeklawer in aksie sien?