[av_textblock textblock_styling_align=” textblock_styling=” textblock_styling_gap=” textblock_styling_mobile=” size=” av-medium-font-size=” av-small-font-size=” av-mini-font-size=” font_color=” color=” id=” custom_class=” template_class=” av_uid=’av-l2k2c65c’ sc_version=’1.0′ admin_preview_bg=”]
Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir beide die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is weens spilpuntbesproeiing op vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley.
Weens verdere uitbreiding bestaan daar ‘n vakature vir ‘n Produksiebestuurder
SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER:
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verbouing van ons produkreeks
- Die deurlopende optimisering van produksie prosesse
- Die bestuurder is verantwoordelik vir die bestuur van `n afdeling, wat insluit middelvlak bestuur en operateurs
- Verder neem die persoon ook verantwoordelikheid vir toerusting aan hom verskaf
- Integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde ‘n wêreldklas produksie-eenheid daar te stel
Die geskikte kandidaat beskik oor:
- Toepaslike ondervinding van sowat 6-8 jaar in ‘n soortgelyke bestuurspos
- Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Landboubestuur sal as sterk aanbeveling dien
- ‘n Bewese bestuursrekord in ‘n soortgelyke pos
- Die nodige besigheidsin, wat verseker dat hy/sy deurlopend winsgeoriënteerd ingestel is
- Baie goeie organisasie en interpersoonlike vaardighede
- Passie, energie en taakgedrewenheid
‘Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan:
e-pos: hr@wildeklawer.com
Navrae: Theresa Lategan – 0535319725
Sluitingsdatum: 6 Mei 2022
Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
[/av_textblock]