Warrick Gelant, Duhan van der Merwe en Dewald Human – almal van Outeniqua

In 2013 se Wildeklawer-toernooi het Warrick Gelant (Springbok), Duhan van der Merwe (Britse en Ierse Leeu + Skotland), asook Dewald Human (Blitzbok) al drie vir Hoërskool Outeniqua gespeel. Outeniqua (Kwaggas) het dié jaar teen Waterkloof met ‘n telling van 39-19 gewen en teen Grey High School 48-15. Duhan het in beide wedstryde twee drieë gedruk.

Foto: Warrick, Duhan en Dewald in die agtergrond toe hulle in 2013 vir Kwaggas gespeel het.