Gesamentlike persverklaring 24 April 2023
0/13 Sport toernooi 24-26 April 2023
Absa, titel borg en Wildeklawer vat hande om van 2023 Sport Toernooi ’n reuse- sukses te maak.
Stoney Steenkamp – Uitvoerende Bestuurder (Verhoudingsbankdienste – Kommersiele/Premie, en Sektore van Absa)
“Die Absa Wildeklawer-sporttoernooi is een van die belangrikste junior sportbyeenkomste in die land. As die toernooi se titel borg is ons geëerd om jong atlete die geleentheid te bied om hul vaardighede ten toon te stel en by ervare afrigters, rolmodelle en spelers te leer, so sê Stonie Steenkamp, Uitvoerende Bestuurder vir kommersiële, premie- en sektore by Absa Verhoudingsbankdienste.
“Ons is opgewonde oor vanjaar se Absa Wildeklawer-sporttoernooi waar ons die beste vertoning van sportmanskap, spanwerk en talent van atlete sal aanskou. Hierdie toernooi sal vir hulle ‘n platform bied om hul vaardighede ten toon te stel en op die hoogste vlak mee te ding.
“Vir baie jong atlete bied die toernooi ‘n geleentheid om raakgesien te word deur talentverkenners wat altyd op die uitkyk is vir belowende nuwe talent. Met 36 skole wat aan vanjaar se toernooi deelneem, is ons opgewonde om te sien wat die toekoms vir hierdie blink sterre inhou,” sluit Steenkamp af.
Louis & Cora de Kock (Direkteure Wildeklawer Boerdery)
Dit is vir Wildeklawer ‘n besondere voorreg om alle spelers en besoekers by ons 13de toernooi hier in Kimberley te verwelkom.
Wildeklawer is daartoe verbind om die gemeenskap van Kimberley, asook die Noord-Kaap, te dien. Dis óns gemeenskap en waar ons wortels diep gegrawe is.
Wildeklawer is sedert die ontstaan van die toernooi in 2009 as eienaar en borg betrokke. Ons skep ‘n verhoog waar seuns- en dogter sportsterre in ons land kan speel en hul self geniet. Dit is ‘n unieke toernooi en deur die uitnodigingstoernooi skep ons geleenthede vir spelers. Sodoende word skolesport in Suid- Afrika bevorder en leerlinge kry die geleentheid om te wys waarvan hulle gemaak is.
Louis de Kock Uitvoerenende Direkteur Wildeklawer
Stoney Steenkamp
Uitvoerende Bestuurder Kommersiele/Premie en sektore by Absa