Copy of Absa Wildeklawer logo 2025.pptx (2)
Absa Wildeklawer logo 2025.pptx (25)
Absa Wildeklawer logo 2025.pptx (26)
Absa Wildeklawer logo 2025.pptx (24)

Absa Wildeklawer Sport Programs

DOWNLOAD PROGRAM

Download Program

Downlaod Program

Absa Wildeklawer Sport 2022: die laaste dag

Die Absa Wildeklawer Sporttoernooi loop vandag tot ‘n einde, maar moenie dink dié dag gaan sonder opwinding en spanning verbygaan nie. Die dag is propvol rugby-, netbal- en sokkerwedstryde van topgehalte.

Die eerste rugbywedstryde het al 07:00 afgeskop. Alle wedstryde op die A-veld word môre regstreeks op DSTV op kanaal 208 uitgesaai. Alle ander wedstryde word steeds regstreeks deur Super Sport Schools op You Tube, die webtuiste of die toep, uitgesaai.

By Boys’ High is daar ‘n dag van spanning vir die sokker, met Rosina Sedibane teen Louis Botha THS wat 09:00 begin, asook Unitas teen Grey College. Die semi-finaal sal ‘n naelbytstryd wees teen die beste skole.

Die hoofwedstryd, wat die toernooi afsluit, is Grey College teen Paarl Gimnasium wat om 18:40 plaasvind.

Hou die volgende skakels deurlopend byderhand en hou ook ons sosiale media kanale dop vir regstreekse uitsendings van hoe dit by dié toernooi gaan, onderhoude met interessante spelers, optredes deur die Pom Pom-meisie van Diamantveld Hoërskool, asook lugfoto’s en video’s van die dag.

Hier is ‘n paar rugbyfoto’s wat die aksie wys:

𝘽𝙚𝙡𝙖𝙣𝙜𝙧𝙞𝙠𝙚 𝙨𝙠𝙖𝙠𝙚𝙡𝙨:

Die Absa Wildeklawer Sport boek.

Absa Wildeklawer Sport Facebookblad

Absa Wildeklawer Sport Instagram

Rugby-uitslae 2 Mei

Netbal-uitslae 2 Mei

Sokker-uitslae 2 Mei

Ander belangrike inligting en vrae en antwoorde.

As jy wil foto’s bestel, gaan na Snapevent.co.za of laai die toep af.

Share the Post:

Related Posts