Absa Wildeklawer Sport juniortoernooi nou op ‘n einde

Die afgelope drie dae se rugby is in goeie gees ervaar. Laerskoolspanne van regoor die land het in Kimberley by die Newton Laerskool bymekaargekom om kragte te meet. Rugby en netbal van hoogstaande gehalte is oor dié drie dae gelewer en het vandag tot ‘n einde gekom met Gene Louw en Worcester wat mekaar in die nie-amptelike hoofwedstryd in ‘n klipharde stryd gepak het. Worcester het Gene Louw gewen 17-10.

Hier is die o.13 netbaluitslae en hier is die rugbyuitslae.

Kyk hier vir môre se rugbybepalings.

‘n Groot dank gaan aan O Media Visuals wat die dag se stroming by Newton geborg het. Dankie ook aan ons ander borge, wat insluit Absa, Vermeulens, Starke Ayres, Kynoch, Agrico Ricoh, Docuware MH Office, Nugen, Gilbert, Ramble, Beefmaster, Bevco, XCO, Motsepe Foundation, Mercedes – New Vaal, Sol Plaatjie Munisipaliteit en die Noord-Kaap Toerisme Autoriteit.

Die toernooibemarking word deur Dottry Media (Pty) Ltd hanteer en die amptelike mediaborg is FiND iT.