Ons gaan elke week vir jou ‘n insetsel oor die Absa Wildeklawer Sport bring. Hier voer Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, ‘n onderhoud met Cassie Carstens, toernooi-bestuurder van die Absa Wildeklawer Sport, oor wat die verskil dié jaar is.
Ons wil fokus op sosiale media, interaksie en wil graag van jou hoor. Nie net van die leerlinge nie, maar ook die ouers en elke besoeker.
As jy wil hê ons moet oor iets spesifiek praat, kontak ons deur ons Facebookblad hier en vra vir ons vrae, gee terugvoer en laat hoor van jou!
Carstens sê dié jaar gaan sosiale en digitale media ten volle benut word om die ervaring tot by jou te bring. “Absa Wildeklawer Sport het die platforms, ons wil dit daarom gebruik. Al die inligting sal deur hierdie webtuiste, www.wildeklawer.com, aan jou deurgegee word. Later volg plekke wat jy kan besoek wanneer jy in Kimberley kom kuier, waar jy jou hare kan laat doen, jou wasgoed kan ingee of kan gaan eet. Hou dus die webtuiste en die Facebookblad dop. Ons sien uit om van jou te hoor!”
Volg elke week die insetsels met verskeie rolspelers en oor verskeie onderwerpe.
Kyk die onderhoud hier: