Maak gereed vir aksie by die 12de Absa Wildeklawer Sport-toernooi

KIMBERLEY – Dit is amper weer daardie tyd van die jaar wat skole van regoor die land in Kimberley vir die Absa Wilderklawer Sport-toernooi bymekaar kom om hul kragte op die sportveld te meet.

Die 12de Wildeklawer Sport-toernooi vind hierdie jaar tussen 24 en 27 April plaas. Absa was voorheen as geassossieerde borg betrokke, maar is vanaf dié jaar die naamregborg.

Die 0/13 toernooi by Newton begin vanaf 23 tot 25 April en registrasie is op 22 April.

Registrasies van senior netbalspanne vind reeds Donderdag plaas en eerste wedstryde begin reeds Vrydag by Diamantveld.

Registrasies vir senior en junior rugbyspanne vind Vrydag 24 April plaas. Spanfotos word direk na registrasie geneem.

Al die O/19 spanne gaan vir ’n opwindende toer die Wildeklawer-plaas op die Sondag tussen 12:00 en  15:00 besoek. 

Die toernooi word gespeel in vier afdelings:

• 0/13 rugby- en netbal toernooi op 23 – 25 April 2020 by Newton skool.

• 0/19 rugby- en 0/19 netbal ontwikkelingstoernooi op 23 – 24 April 2020 by Diamantveld Hoërskool.

• 0/14, 0/15 en 0/16 Junior rugbytoernooi op 24 April – 27 April 2020 by Diamantveld en Boys High.

• 0/19 senior rugby- en netbal toernooi + O/16 Netbal: 24 April – 27 April 2020 te Diamantveld Hoërskool.

Dit is ook vanjaar die eerste keer dat o/16 netbalspanne na die sporttoernooi uitgenooi word.

Finale wedstryd bepalings sal eersdaags bekend gemaak word. Hou hierdie blad dop vir die opwindende verwikkelinge.

Die volgende skole gaan die sporttoernooi bywoon: 

  • Die senior rugby- en netbalontwikkelingspanne vanuit die Noord-Kaap moet nog bevestig word met die Departement van Onderwys, asook die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Laerskole:

  • Laerskool Garsfontein
  • Laerskool Magalieskruin
  • Laerskool Van Riebeeck Park
  • Laerskool Florida
  • Sunridge Primary School
  • Rustenburg Laerskool
  • Grey College Primary
  • Jordania Primêre Skool
  • Laerskool Durbanville
  • Worcester Primary School
  • Laerskool Gene Louw
  • Laerskool Eikestad
  • Newton Primary
  • Laerskool Oranje-Noord
  • Outeniqua Primary
  • Laerskool Wierdapark
  • Laerskool Constantiapark
  • Primêre Skool Universitas
  • Laerskool Oranje Meisie
  • Laerskool La Hoff
  • Bastion Primêre Skool
  • Primêre Skool Op die Voorpos-laerskool

Hoërskole:
 

  •  Hoërskool Menlonpark
  • Hoërskool Ben Vorster
  • Hoërskool Diaantveld Hoërskool Garsfontein
  • HTS Middelburg
  • Paarl Gimnasium
  • Paarl Girls’ High
  • Hoërskool Rustenburg
  • Hoërskool Sentraal
  • Hoërskool Stellenberg
  • Afrikaans Hoër Meisieskool 
  • Hoërskool Noordkaap
  • HTS Drostdy
  • Hoërskool Waterkloof
  • Welkom Gimnasium
  • Helpmekaar Kollege
  • Boland Landbouskool
  • Hoërskool Monument
  • Hoërskool Outeniqua
  • Grey College
  • Paul Roos Gimnasium
  • Hoërskool Framesby
  • Hoër Landbouskool Oakdale
  • Hoërskool Glenwood
  • HJS Paarl
  • Affies