Senior Betaalrol Administrateur

Wildeklawer, gesetel in die distrik Barkly-Wes in die Noord-Kaap, is tans op soek na ‘n

Senior Betaalrol Administrateur

Van die suksesvolle applikant sal verwag word om:

  • Verantwoordelikheid te aanvaar vir die akkurate verwerking van inligting tov salarisse en alle betaalrol-administrasie
  • Die voorbereiding van betaal-strokies en toepaslike verslae
  • Daaglikse kontrole van bywoningsregisters
  • Bestuur van dienskontrakte op Sage 300 People
  • Deeglike personeeladministrasie wat onder andere insluit alle verlof verwante, en ander relevante administrasie
  • Hantering van alle WVF en alle statutere dokumentasie en prosedures

Vereistes:

  • Ten minste Graad 12, maar ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal ‘n  sterk aanbeveling wees
  • Wiskunde op Graad 12 vlak
  • Ten minste 2 jaar Sage 300 People betaalrol ondervinding
  • Moet huidig ’n weeklikse/maandelikse betaalrol van ongeveer 450 personeel bestuur
  • Microsoft Excel op n gevorderde vlak
  • Die vermoë om onder druk te funksioneer

In ruil bied ons ‘n stimulerende werksomgewing met ‘n mededingede vergoedingspakket aan.

Stuur volledige CV aan:  marius@wildeklawer.com

Navrae: Juandre Brand: 053 531 9725

Sluitingsdatum:  08 November 2019

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Share the Post:

Related Posts