Hoërskool Monument (Monnas) het ‘n ryk en trotse tradisie.
Hoërskool Monument (Kort geskiedenis)
Monnas het geopen op Dinsdag, 1 Februarie 1921 in die Royal George Mason -Saal in Ockerste straat, Krugersdorp met 48 leerders and vier personeellede.
Die eerste skool rugbywedstryd het op 1 April 1922 plaasgevind teen Krugersdorp High School. Sedert 1936 speel Monnas in Witrugbytruie, swart broeke en swart sokkies met die Paardekraal – Monument wapen op die trui.
Monnas se eerstespan staan sedert 1979 bekend as die Wit Bulle.
Op Dinsdag, 1 Februarie 2022 het Monnas 101 jaar oud geword met 1 600 leerders en 18 rugbyspanne.
Rugby – Prestasies
Springbokke (9)
1977 Christo Wagenaar
1994 Brendan Venter
2003 Jaque Fourie
2003 Jorrie Muller
2007 Heinke vd Merwe
2010 Willem Alberts
2012 Jaco Taute
2014 Julian Redelinghuys
2017 Ruan Dreyer
Springbokke Wêreldbeker
Brendan Venter 1995 & 1999
Jorrie Muller 2003
Jaque Fourie 2003, 2007 & 2011
Willem Alberts 2011 & 2015
Internasionale Toetsspelers
Italië: Gert Peens 2002
Italië: Quintin Geldenhuys 2010
VAE: Renier Els 2011
Duitsland: M Henn 2017
Frankryk: Paul Willemse 2019
Skotland: Jaco van Der Walt 2020
SA Juniorspeler van die jaar
2021 – Henco van Wyk
SA O/21: 5
SA O/20: 21
SA O/19: 8
SA SKOLE A: 28
SA Skole Akademie: 15
Senior Varsitybekerspelers: 47